Skilpadtepel Musiek Video Nou Beskikbaar! Dit Is Nice!

- Sê jou Sê... waar jy jou kommentaar en opmerkings kan lewer.

Select Musiek – Storm van Liefde

Adam Tas – die skepper van die luisterjuwle Van ‘n druppel tot ‘n brander, Ben Bicycle, Jantjie Koggelman en Harry Potter – is terug met ‘n splinternuwe rock-‘n-roll-album, Storm van liefde!

Hy sê: “Ek het ’n pop song rock-‘n-roll gemaak, want ‘n popsanger het eendag vir my gesê ons rockers kan nie sing nie! Nou ja, toe bewys ek dat niemand vir my kan sê wat ek kan en nie kan doen nie!” Tussen die oorspronklike nuutskeppings is dit veral die snitte Storm van liefde (‘n uitbudndige viering van romanse) en Gaan sê vir die angels (met progressiewe akkoorde en verrasende musikale wendings) wat aandag trek. Tussen die nostalgiese tréfsnitte is die ménssketse Skilpadtepel, Is dit hoe die hemel lyk en Kersfees in Afrika.

Die romanse brand vurig op die snitte Te beautiful vir my, P.S: I Iove you en So verlief. Die ritme terg op Sneeuman, Wat moet ‘n man doen en, in heerlike countryboerstyl, gesprinkel met Afrika-ritmes, bied Adam musiekliefhebers die pretsnit Manzi Manzi: uitbundige sweettapmoegmaker!

Met ‘n aangename balans tussen jolnommers byderwetse pop, kitaargedrewe rock, harstogballades en kreatiewe 2010-weergawes van Ben Bicycle en Van ‘n druppel tot ‘n brander bied Adam Tas musiek wat aanraak en bevredig – én daarin slaag hy om ‘n internasionale klankgehalte te skep en sy eie grense te verskuif.

Adam Tas bied ‘n storm van talent! Dis boeiende musiek met murg in die liriek!

DIE SPEELLYS
Storm van liefde
Te beautiful vir my
Sneeuman
Is dit hoe die hemel lyk
Ben Bicycle
Skilpadtepel
Kersfees in Afrika
P.S. I love you
Wat moet ‘n man dan doen
So verlief
Van ‘n druppel tot ‘n brander
Manzi-Manzi
Gaan sê vir die angels
Alle musiek & lirieke
Adam Tas
Storm van liefde
Johan Oberholzer
Is dit hoe die hemel lyk
Ben Bicycle
Kobus Bezuidenhoud PRODUKSIE Verwerkings
Christie Schutte & CobusSchutte
Agtergrondstemme 
Rian Swanepoel  Carlé van Deventer
Kitare 
Juan “Floors” Oosthuizen
Cobus Schutte
Tromme
Vinnie Henrico
Klawerbord
Elben Schutte
Viool op Manzi-Manzi 
Jeannine Marais
Stemopnames, produksie en finale meng
Christie Schutte

Al Adam se CD’s is beskikbaar hier: